Gee
Ons glo dit is beter om te gee as om te
ontvang. Omdat God Homself opgeoffer en
gegee het, gee ons onsself en ons lewens vir
mekaar. Oppad kan ons ander gelowiges
help deur wat aan ons geskenk word naamlik,
-ons tyd,
-ons geld,
-ons besittings,
-ons talente
Tot diens van God en ander. ~ Hand 20:35 ~
Projekte
Ondersteun die MTR Smit Kinderoord Spensprojek
Uitreik
Ons bestaan as gelowiges en Kerk nie vir
onsself nie, maar vir Jesus Christus.
Vir Hom, was die wat nog nie oppad was nie, ‘n groot
kommer en Hy het uitgereik na hulle met
die Goeie Nuus van Redding.
Ons reik uit na
die wat nog nie Jesus Christus ken nie en
neem hulle saam oppad

~ Mark 16:15 ~
Evangelism Explosion
Klik asb op enige van die fotos vir meer inligting
Share Your Faith
Hope for Kids
Business Ministry
EE4G Youth
Leer
Ons het geleer en leer nog daagliks vanuit
God se Woord hoe om oppad te wees saam
met Hom. Daarom loop ons saam met die
wat Hom volg en neem die nuwe gelowiges
saam. Ons onderrig en word onderrig deur
Sy Woord.
Ons is op pad met Sy Woord
~ 2 Tim 2:1-3 ~
daaglikse brood
Daaglikse Brood
Sluit aan by ons WhatsApp groep en ontvang ‘n daaglikse boodskap.
Klik hier om aan te sluit
Saamwerk
Ons is nie die enigste kerk wat Jesus Christus
volg nie en glo dat almal wat Jesus Christus
volg, deel is van die EEN Kerk.
Ons vind Eenheid in Christus en werk saam met ander
gemeentes en is saam oppad

~ 1 Kor 12 ~
NG Kerk PE Wes deel hulle perseel met die volgende kerke:
Grace Church
Bikers Church
Kingdom_life_ministries
Ook in Samewerking met:
Pragtige Christen gebaseerde produkte beskikbaar vir bestelling via WhatsApp of beskikbaar by Vendors On Cape
Vir studente wat floreer in kleiner groepies
Bee Blessed
041 365 2122 / 061 460 2137
hallo@kerkoppad.co.za
©2024 Kerk Oppad. All Rights Reserved